Chorizo-en-feta-pasta
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.
250 g tagliatelle of linguini
15 ml (1 e) olyfolie
125 g chorizoworsies, in skyfies gesny
150 g sondroë tamaties in vinaigrette, gekap
1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer
1 bos spinasie, skoongemaak en stele verwyder
2 wiele fetakaas, grof gekrummel
sout en pas gemaalde peper
parmesaankaas vir voorsit
Kook die pasta tot gaar. Dreineer en hou eenkant.
Verhit die olie in ’n pan en braai die worsies tot goudbruin. Voeg die sondroë tamaties en kekerertjies by en roerbraai tot warm.
Voeg die spinasie by en braai tot verwelk.
Meng die pasta en die gebraaide bestanddele liggies.
Meng die feta deur, geur met die sout en peper en sit voor saam met die parmesaankaas.
Kommentare