Chorizo-en-pynappel-sosaties
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

4-6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.
SOSATIES
1 pynappel, geskil
250 g chorizo-wors, in skyfies gesny
MARINADE
60 ml (¼ k) heuning
30 ml (2 e) balsemieke asyn
Week 6 sosatiestokkies in kookwater – dit voorkom dat die stokkies brand wanneer dit gebraai word.
Sosaties Sny die pynappel in happiegrootte stukkies en rygomdie beurt met die chorizo op die voorbereide stokkies.
Marinade Klits die heuning en asyn goed saam en giet oor die sosaties.
Braai op matige kole tot die pynappel effens geskroei is.
Sit voor saam met dukkah. (Sien onder)
Dukkah: Rooster 100g kasjoeneute Kapgrof.Rooster 80g sesamsade en 30g elk koljander-en-komynsade. Meng. Voeg 5ml (1 t) seesoutvlokkies by.
Comments