top of page

Driekaas-aartappels

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Driekaas-aartappels.jpg

Dié aartappelgereg met ’n kaasvulsel het ’n pikante byt in die middel en is wonderlik as voorgereg of bykos.

Genoeg vir 4-6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 75 min.

6 aartappels

30 ml (2 e) olie

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) verouderde cheddar, gerasper

125 ml (½ k) pecorinokaas, gerasper

120 g roomkaas

2 sprietuie

2,5 ml (½ t) rooi brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) paprika

slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Was die aartappels en prik met ’n vurk. Pak hulle op bakplaat en vryf met olie. Bak ’n uur of tot deurgaar.

Laat die aartappels afkoel en sny dit dan middeldeur. Skep die vlees uit, maar hou die skille heel en sit eenkant. Plaas die skille op ’n bakplaat. Geur met sout en peper en bak 5 minute.

Meng die vlees in ’n groot bak met die cheddar-, pecorino- en roomkaas, sprietuie, brandrissie en paprika. Verdeel die mengsel tussen die aartappelskille en sit nog 10 minute in die oond. Sit voor met ’n slaai.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page