top of page

Gespeseryde beesvleis-sosaties

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Gespeseryde beesvleis-sosaties.jpg

’n Ligte maaltyd is ideaal om op ’n lui en warm dag vir jou gaste voor te sit. Boonop is hierdie gereg vinnig en maklik om te berei.

Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 8 min.

SOSATIES

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) paprika

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) ligte sojasous

5 ml (1 t) olie

300 g lendeskyf of braai-steak, in skywe gesny

NEKTARIENSLAAI

60 ml (¼ k) olyfolie

45 ml (3 e) lemoensap

15 ml (1 e) ligte sojasous

130 g gemengde slaaiblare

1 vars bol vinkel, in dun skywe gesny

2 nektariens, geskil en verdeel

Week 6-8 sosatiestokkies in water.

Sosaties Meng die komyn, brandrissievlokkies, paprika, sout, sojasous en olie in ’n bak. Voeg die vleis by en roer om die stukke met die mengsel te bedek. Ryg dan die vleis aan die sosatiestokkies.

Verhit ’n roosterplaat oor hoë hitte, plaas die sosaties in die pan en rooster 2 min. weerskante. Verwyder van die hitte.

Nektarienslaai Giet die olyfolie, lemoensap en sojasous in ’n bak, geur en meng goed. Rangskik die gemengde slaaiblare, vinkel, nektariens en beesvleis-sosaties op ’n platbord. Bedruip met slaaisous.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page