Inpakontbyt
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Rustyd: minstens 2 uur
1 groot, ronde brood
230 g grasui-gegeurde roomkaas
45 ml (3 e) basiliepesto
500 g boerewors, gaar en in lang stukke gesny
200 g mozzarella- of wit cheddarkaas, in skywe gesny
245 g soetrissies, ontpit en oondgerooster, of ingelegdes
125 g pikantrissies of ingelegde artisjokke
vars basilieblare
Sny die bokant van die brood af en hou eenkant. Hol die onderkant uit; hou ’n rand van 1 cm rondom.
Smeer die onder- en bokant aan die binnekant met roomkaas en ’n lagie pesto, pak die res van die bestanddele in lae op die onderkant en plaas die bokant terug. Bind vas met tou.
Sit in die yskas en plaas ’n houtplank met ’n swaar gewig bo-op sodat die bestanddele binne-in kan verstewig. Draai toe in papier of tinfoelie as jy dit wil inpak.
Sny in skywe en sit voor.
コメント