Knoffelbroodjies
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Lewer sowat 12 broodjies
Bereiding: 30 min.
Rystyd: 1½ uur
Baktyd: 20-25 min.
Broodjies
2 eiers
30 ml (2 e) olie
500 ml (2 k) louwarm water
60 ml (¼ k) suiker
5 x 250 ml (5 k) Broodmeel
1 pakkie (10 g) kitsgis
10 ml (2 t) sout
15 ml (1 e) knoffelvlokkies
Doopsous
180 ml (¾ k) botter
2 knoffelhuisies, gekneus
10 ml (2 t) paprika
20 ml (4 t) droë pietersielie
sout
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 12 klein broodpannetjies
Broodjies Klits die eiers, olie, water en suiker saam.
Sif die meel, gis en sout in ’n groot bak Voeg die knoffelvlokkies en die eiermengsel by. Knie tot dit ’n sagte deeg
vorm wat nie aan jou hande vassit nie. Laat 1 uur rys.
Doopsous Verhit die botter en knoffel in ’n kastrolletjie en voeg die res van die bestanddele by. Laat 1 minuut prut. Hou eenkant.
Knie die deeg af en verdeel in 12 ewe groot dele Vorm in balletjies en rol in die doopsous. Plaas in die pannetjies en laat 30 minute rys.
Bak 20-25 minute tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.
Comments