top of page

Koffie-en-neut-rollade

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 2 min read

Koffie-en-neut-rollade.jpg

Hierdie smaaklike rollade het ’n lekker koffieskop.

Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 22 min.

500 ml (2 k) strooisuiker

80 ml (⅓ k) water

150 g gemengde neute

KOEK

5 eiers

100 ml strooisuiker, en ekstra vir bestrooi

250 ml (1 k) meel

45 ml (3 e) kitskoffie

30 ml (1 e) kookwater

VULSEL

400 ml room

400 g donkersjokolade

20 g botter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n 22 x 31 cm-bakplaat uit met bakpapier en laat daarvan oorhang.

Los die strooisuiker op in water in ’n kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat dit 8 min. prut sonder dat jy dit roer of tot die mengsel ’n donker karamelkleur is.

Gooi die neute op die gesmeerde bakplaat en giet die warm karamelstroop oor. Laat set tot verhard om met ’n houthamer of rolstok te breek.

Koek Klits die eiers en strooisuiker 5 min. in ’n groot mengbak of tot dik en romerig.

Sif die meel oor, meng die koffie en kookwater saam en voeg die pasta by die mengsel tot net gemeng en geen meel sigbaar is nie.

Versprei die beslag in die gevoerde bakplaat en bak 12 min. of tot die koek terugspring wanneer dit liggies gedruk word.

Laat 2 min. afkoel. Plaas op ’n teedoek bestrooi met strooisuiker, rol die rollade op en laat heeltemal afkoel.

Vulsel Verhit die room in ’n pot tot dit amper kook. Voeg die sjokolade by en roer die botter in tot heeltemal gesmelt en glad.

Rol die koek oop, smeer met die vulsel en bestrooi met die neutbroslekker. Rol die koek sagkens op, plaas op ’n opdienbord, sny en sit voor.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page