top of page

Kortpad-tamatie-frikkadelletjies

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Kortpad-tamatie-frikkadelletjies.jpg

’n Heerlik maklike trooskos om ná ’n lang dag te maak.

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

Genoeg vir 6 mense

450 g boerewors

30 ml (2 e) olie

4 sprietuie

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

2 x 400 g gekapte tamaties

2 lourierblare

400 g lensies

sout en swartpeper, na smaak

’n hand vol pietersielie, gekap

korserige brood vir voorsit

Trek die worsvleis uit die omhulsel en rol dit met nat hande in frikkadelle so groot soos kersietamaties. Pak op ’n gesmeerde bakplaat.

Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle in sarsies tot verbruin. Haal versigtig uit die pan en plaas terug op die bakplaat.

Wanneer al die frikkadelle gaar is, voeg die uie by en braai 2 minute. Roer die gemengde kruie, tamaties, lourierblare en lensies in en vul een blik met water om by die pan te voeg. Kook 8 minute, sit dan die frikkadelle terug en laat prut dit nog 10 minute.

Geur met sout en peper en bestrooi dan met pietersielie. Sit voor met korserige brood om die sous mee op te vee.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page