Lensie-koekies
- Hope Malau
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Hierdie happies is dinamiet – dit is baie geurig en het ’n sterk skop.
Lewer 18 koekies
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 15 min.
Koekies
1 ui, fyn gekap
1 rooi brandrissie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
15 ml (1 e) fyn komyn
15 ml (1 e) fyn koljander
15 ml (1 e) kerriepoeier
15 ml (1 e) garam masala
30 ml (2 e) borrie
100 g spinasie, dun versnipper
300 g lensies, gaar
50 g botter
45 ml (3 e) meel
5 ml (1 t) sout
’n hand vol koljander, grof gekap
30 ml (2 e) blatjang
2 eiers
olie vir braai
Doopsous
45 ml (3 e) bruinsuiker
125 ml (½ k) water
60 ml (4 e) rooiwynasyn
1 steranys
1 kaneelstok
50 g droë appelkose, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng al die bestanddele vir die koekies in ’n groot mengbak en verkoel 30 min. in die koelkas.
Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Braai lepels vol van die mengsel in die warm olie en skep met ’n gaatjieslepel op papierhanddoek uit.
Doopsous: Meng al die sousbestanddele in ’n kastrol en laat prut 10 min. oor matige hitte.
Comments