Mexikaanse quesadilla
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10-15 min.
1 x 410 g-blik drie-boontjiemengsel, gedreineer
1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
1 rooi-ui, fyn gekap
3 ingelegde jalapeño’s, gekap
10 g koljanderblare, fyn gekap
sout en vars gemaalde peper
4 tortillavelle
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.
Meng die boontjies, pitmielies, ui, jalapeño’s en koljander. Geur met die sout en peper.
Plaas 1 tortillavel op die bereide bakplaat. Sprinkel ’n kwart van die mozzarellakaas oor, gevolg deur ’n kwart van die boontjiemengsel.
Sprinkel ’n bietjie van die cheddarkaas oor en plaas nog ’n tortillavel bo-op. Herhaal die lae en eindig met die cheddar.
Bak 10-15 min. in die verhitte oond of tot die kaas gesmelt is en die kante van die tortillas begin verbruin. Sprinkel ekstra jalapeño’s oor, sny in skywe en sit voor saam met vars koljander en lemmetjies.
Comentarios