Mielies in spekbaadjies
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Spek word om die mielies gedraai wat ‘n heerlike kombinasie is. Dit is ook die perfekte bygereg vir ‘n braai.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 15-20 min.
4 vars mielies met blare
45 ml (3 e) vars
kruie van jou keuse (bv. pietersielie, tiemie of basilie), gekap
sout en pas gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) olyfolie
250 g streepspek
Verwyder die mielies se baard, maar nie die blare nie.
Meng die kruie, sout, peper en olyfolie en giet oor die mielies.
Draai die spek om die mielies en steek met peuselstokkies vas.
Braai 15-20 min in ’n groenterooster of gewone toeklaprooster op matige kole tot gaar.
Comments