Mikromaklike hawermoutblokkies
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

‘n Goeie manier om hawermout en sade in die kinders se lywe te kry
Lewer: sowat 28 blokkies
Bereiding: 15 min.
Mikrogolf: 2-3 min. per bakkie
25 ml (5 t) gouestroop
200 ml margarien
500 ml (2 k) hawermout
250 ml (1 k) klapper
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) suiker
60 ml (¼ k) gemengde sade en neuter of ontbytsaadmengsel
125 ml (½ k) droë bosbessies of gekapte dadels
Spuit 4 klein glasbakke van 10 x 10 cm elk goed met kossproei.
Smelt die stroop en margarien 2 minute in ’n glasbak in die mikrogolfoond.
Meng die res van die bestanddele en voeg by die stroopmengsel.
Skep in die voorbereide bakke.
Mikrogolf elke bakkie 2-2½ min. op 100 persent-krag tot stewig en ’n ligte goudbruin. Pasop vir te lank; die koekies word van binne gaar en sal van binne brand.
Laat effens afkoel, sny in blokkies en bêre tot ’n maand in lugdigte houers wanneer heeltemal afgekoel.
Commentaires