Ontbytpan
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 15 min.
250 g sampioene
250 g spekrepies
olie
1 chorizo-worsie, in skywe gesny
paprika
2 tamaties, gehalveer of in skywe gesny
sout en peper
4 snye brood
4 eiers
roketblare
Ryg die sampioene op houtsosatiestokkies en hou eenkant.
Braai die spekrepies in die olie in ’n groot pan op matige kole tot bros. Skep uit en hou warm.
Braai die sampioene in dieselfde pan bruin, skep uit en hou eenkant.
Braai die chorizoskywe tot net gaar, geur met die paprika, skep uit en hou eenkant.
Braai die tamaties effens bruin, geur met die sout en peper, skep uit en hou eenkant.
Braai die brood op die rooster.
Bak die eiers in die pan en skep die chorizo bo-op.
Rangskik nou al die gaar kos mooi in die pan, strooi die roketblare oor en sit dadelik voor
Comments