top of page

Oosterse rolletjies met kerriemaalvleis

  • Huisgenoot
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Oosterse rolletjies met kerriemaalvleis.jpg

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, in skyfies gesny

500 g maer beesmaalvleis

30-45 ml (2-3 e)

geroosterde kerriepoeier

60 ml (¼ k) blatjang

2 aartappels, geskil, in blokkies gesny en gekook

sout en vars gemaalde peper

OOSTERSE ROLLETJIES

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

Vulsel Verhit die olie en braai die uie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.

Roer die kerrie en blatjang deur en roerbraai ’n paar minute.

Voeg die aartappels by en geur met die sout en peper na smaak.

Oosterse rolletjies Skep van die vulsel aan die onderkant van een van die velle filodeeg. Verf die punte met die gesmelte botter, rol een keer om en vou die kante in. Rol heeltemal op en seël met nog botter. Herhaal met die res van die vulsel en deeg.

Verf die rolletjies oraloor met die botter en pak op die bakplaat. Bak 15-20 min. of tot goudbruin.

Sit voor saam met tamatie-en-komkommersambal en natuurlike jogurt.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page