top of page

Rolo-sjokolade-fondant

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Rolo-sjokolade-fondant.jpg

’n Volmaakte nagereg waarby ’n marmer-sjokolade-en-karamelsous uitloop wanneer jy dit met ’n lepel oopbreek.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 12 min.

125 ml (½ k) strooisuiker

150 g botter, gekap

150 g donker sjokolade, grof gekap

3 eiergele

3 eiers

15 ml (1 e) meel

4 Rolo-sjokolades

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 4 klein poedingvorms.

Plaas die suiker, botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n pan pruttende water. Verhit baie liggies tot die botter en sjokolade gesmelt het en verwyder dan van die hitte. Klits tot gemeng.

Voeg die eiergele en eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel in.

Maak die vorms half vol en plaas dan ’n Rolo-sjokolade onderstebo in elke vorm. Bedek met die res van die beslag en verkoel 30 minute in die vrieskas.

Verplaas na ’n bakplaat en bak dadelik 12 minute. Keer op afsonderlike opdienborde uit.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page