top of page

Schnitzel met mosterd-ertjie-aartappelslaai

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 2 min read

Schnitzel met mosterd-ertjie-aartappelslaai.jpg

Berei ’n smaaklike gesinsmaal met hierdie laevet-schnitzelresep

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

600 g aartappels, gewas

200 g bevrore ertjies

80 ml (⅓ k) olyfolie

1 rooi-ui, in dun skywe gesny

80 ml (⅓ k) witwynasyn

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

’n klein hand vol grasuie, gekap

sout en peper

4 x 150 g varksteaks, vet verwyder

250 ml (1 k) volgraan- of bruinbroodkrummels

’n hand vol pietersielie, gekap

4 eiers

125 ml (½ k) melk

Voorverhit die oond tot 180°C.

Sit die aartappels in ’n kastrol, bedek met koue water en bring tot kookpunt. Laat prut 15 min. of tot sag. Voeg die ertjies by en kook nog 3 min. Dreineer en laat afkoel.

Verhit intussen 45 ml (3 e) van die olyfolie in ’n braaipan en braai die ui 8 min. of tot sag oor lae hitte terwyl jy af en toe roer. Voeg die asyn by, bring tot kookpunt en voeg 60 ml (¼ k) water en die mosterd by en roer om te meng. Voeg die grasuie by en geur met die sout en peper.

Sny die aartappels in dik skywe. Meng die aartappels en ertjies in ’n bak met die asynmengsel.

Slaan die varksteaks met ’n vleishamer of rolstok tot 3 mm dik. Meng die broodkrummels en pietersiele in ’n vlak bak. Klits die eiers en melk in ’n ander bak. Doop die steaks in die eiermengsel en bedek met die broodkrummelmengsel.

Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die vark in twee sarsies 1 min. per kant of tot goudkleurig. Dreineer op ’n papierhanddoek. Pak op ’n bakplaat en bak 10 min. of tot heel gaar in die oond.

Sit die schnitzel saam met die ertjie-aartappelslaai voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page