SKAAPBOUD MET ROOSMARYN
- Nicky Kruger
- Apr 26, 2015
- 1 min read

3 eetlepels olyfolie
sap van 1 suurlemoen
1 skaapboud
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepels vars roosmaryn, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
3 eetlepels water
Só maak jy Voorverhit die oond tot 200 °C. Bereken die gaarmaaktyd van die skaapboud volgens die gewig: Vir pienk vleis – 12 minute per 500 g; vir mediumgaar vleis – 15 minute per 500 g plus ’n ekstra 20 minute; en vir gaar vleis – 20 minute per 500 g plus ’n ekstra 20 minute. (’n Boud van 1½ kg wat jy mediumgaar wil hê, sal dus uiteindelik vir 15 + 15 + 15 + 20 minute – dus 1 uur en 5 minute – in die oond wees.)
Meng en vryf. Meng die olyfolie en suurlemoensap en vryf dit oor die skaapboud. Jy kan ook ’n bietjie suurlemoenskil oor rasper.
Druk dit goed in! Maak diep snytjies oor die oppervlak van die boud en druk die repies knoffel en roosmaryn daarin. Sprinkel sout en swartpeper oor.
Oond toe. Sit die boud op die draadrakkie van ’n oondroosterpan. Sit dit vir 30 minute in die oond en verlaag dan die temperatuur na 180 °C vir die res van die tyd wat jy uitgewerk het. Skep elke 15 minute van die pansappe bo-oor die boud
Comments