Spaghetti-gebak met kaaswors
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 25-30 min.
250 g spaghetti
15 ml (1 e) olie
250 g spek, in blokkies gesny
2 uie, in ringe gesny
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 geel soetrissie
2 rooi soetrissies
5 agurkies, in ringetjies gesny
4-6 kaasbraaiworsies
250 ml (1 k) suurroom
1 pakkie (43 g) aartappelbakmengsel (potato bake)
sout en pas
gemaalde peper
60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas
Voorverhit die oond tot 190 °C
Kook die spaghetti tot gaar. Dreineer en hou eenkant.
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Voeg die uie by en braai tot bruin. Voeg die sampioene
by en roerbraai tot gaar. Voeg die soetrissies, agurkies en worsies by. Roerbraai tot die soetrissies gaar is.
Meng die suurroom en aartappelbakmengsel deur en geur met die sout en peper na smaak. Laat ’n paar minute prut
Meng die gaar spaghetti deur die sampioenmengsel. Giet ’n bietjie water by indien nodig.
Skep die mengsel in ’n oondbak, sprinkel die parmesaankaas oor en bak 10-15 minute tot goudbruin.
Comments