Spinasiepasteitjies
- Hope Malau
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Geniet dit vir middagete of as ’n smaaklike peuselhappie.
Lewer 25
Gaarmaak: 15 min.
Bereiding: 1 uur
1 liter (4 koppies) meel
10 g gis
60 ml (¼ k) olyfolie
300 ml warm water
Vulsel
400 g spinasie, geblansjeer
300 g mozzarella, in blokkies gesny
4 takkies tiemie
sout en peper na smaak
olie vir braai
vrugteblatjang vir voorsit
Sif die meel in ’n groot mengbak en meng die gis in. Maak ’n holte in die middel en giet die olie en water in.
Meng met ’n houtlepel om ’n sagte deeg te vorm. Keer uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 20 min. of tot glad.
Sit die deeg in ’n liggies geoliede bak, bedek en laat rys tot die volume verdubbel het.
Vulsel: Meng al die bestanddele vir die vulsel in ’n groot bak en sit eenkant.
Knie die deeg weer en rol uit. Sny sirkels uit die deeg en smeer die vulsel oor die helfte van elkeen van die sirkels, maar los ’n rand oop.
Verf die rand met water en vou die deeg oor om halfmane te vorm. Druk die kante saam om te verseël.
Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte tot warm en braai die halfmane tot goudkleurig. Dreineer op papierhanddoek en bestrooi met growwe sout voor jy dit met vrugteblatjang voorsit.
Comentarios