Taco-slaai
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 3-5 min.
TORTILLAS
45 ml (3 e) olyfolie
4 tortillas
30 ml (2 e) suurlemoenpeper
SLAAI
1 komkommer, in blokkies gesny
1 rooi-ui, in blokkies gesny
1 x 410 g-blik rooi nierboontjies, afgespoel en gedreineer
250 ml (1 k) bevrore
pitmielies, afgespoel en gedreineer, of
1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
15 g vars koljanderblare, gekap
SLAAISOUS
sap van 2 lemmetjies
45-60 ml (3-4 e) olyfolie
sout en peper
Voorverhit die oond tot 230 °C.
Smeer ’n groot bakplaat met ’n bietjie van die olyfolie.
Tortillas Sny elke tortilla in 8 wiggies. Pak in ’n enkellaag op die bakplaat en sprinkel die res van die olie oor.
Geur met die suurlemoenpeper en rooster 3-5 min. tot goudbruin. Pak op ’n draadrakkie en laat afkoel.
Slaai Meng alles.
Slaaisous Meng al die sousbestanddele en meng deur die slaai.
Versprei die tortillawiggies op ’n bord, skep die slaai op en sit voor saam met suurroom en ekstra vars koljander.
Comments