T-been met kaassous
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Die perfekte steak moet sowat 2,5-3 cm dik wees om te verseker dis geskroei aan die buitekant maar nog sag en sappig binne. As dit te dun is, sal dit uitdroog.
Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.
Vleis
2 T-been-steaks, elk 3 cm dik
sout en pas gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) worcestersous
60 ml (¼ k) braaisous
30 ml (2 e) knoffelbotter
Sous
15 ml (1 e) olie
125 g sampioene, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekap
125 ml (½ k) suurroom
hand vol gerasperde parmesaankaas
Afronding
2 dun snye cheddarkaas
Vleis Geur die steaks aan albei kante met die sout, peper en worcestersous.
Braai die steaks op warm kole en verf gereeld met die braaisous. Braai 3-4 minute aan elke kant of tot die verlangde gaarheid.
Skep die botter op die steaks en laat 10 minute rus.
Sous Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene en knoffel sowat 3 minute. Voeg die suurroom by en laat sowat 3 minute prut tot dit effens verdik het. Voeg die parmesaankaas by en roer tot gesmelt.
Afronding Plaas die cheddarkaas op die steaks, skep die sous oor en sit dadelik voor saam met vars broodrolletjies.
Comments