Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
AARTAPPELS
6 aartappels, in wiggies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
10 g koljanderblare, grof gekap
sap van 1 lemmetjie
STEAK
1 x gemarineerde
750 g-Texan-varksteak
15 ml (1 e) olyfolie
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.
Aartappels Versprei die aartappels op bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 30 min. in die verhitte oond of tot die aartappels sag en goudbruin is.
Sprinkel die fetakaas, koljanderblare en lemmetjiesap oor en meng rofweg.
Steak Pak die steak op die bereide draadrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 20-25 min. in die verhitte oond of tot gaar – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe dik die steak is.
Sny die steak in repies en sit voor saam met die aartappels en vars kersietamaties.
Comments