Thaise-worsbroodjie met koolslaai
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.
4 worsies (van jou keuse)
15 ml (1 e) olie
4 broodrolletjies
60 ml (¼ k) grondboontjies, grof gekap
KOOLSLAAI
¼ kopkool, gerasper
2 wortels, geskil
10 g koljanderblare, gekap
SLAAISOUS
30 ml (2 e) soet brandrissiesous
30 ml (2 e) rysasyn
5 ml (1 t) sesamolie
5 ml (1 t) heuning
SOUS
30 ml (2 e) grondboontjiebotter
15 ml (1 e) sojasous
10 ml (2 t) rysasyn
15 ml (1 e) soet brand-rissiesous
15 ml (1 e) water
Braai die worsies in die verhitte olie en hou eenkant.
Koolslaai Sny die kool in dun skyfies en sit in ’n mengbak. Rasper die wortels en meng saam met die koljander deur die kool.
Slaaisous Klits al die bestanddele saam en meng deur die slaai.
Sous Klits al die bestanddele saam en hou eenkant.
Sny die broodrolletjies oop.
Skep van die koolslaai in elke broodjie en sit ’n worsie op elke broodjie.
Drup die sous oor, sprinkel die grondboontjies oor en sit dadelik voor.
Comentários