Tuna-en-kaas-braaibroodjies
- The Rainbow Team
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
sowat 8 snye brood van jou keuse
sowat 40 g sagte botter of margarien
125 ml (½ k) mayonnaise
2 blikke (175 g elk) tuna, gedreineer
1 klein ui, fyn gekap
2 agurkies, fyn gekap
hand vol pietersielie of vars dille, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
sowat 50 g mozzarellakaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Rangskik die brood op ’n werkoppervlak en smeer aan albei kante met botter of margarien.
Meng die mayonnaise, tuna, ui, agurkies, pietersielie, sout en peper en skep dit op die helfte van die gesmeerde brood.
Sit kaas op die vulsel en druk liggies plat. Sit die ander helfte van die brood bo-op die kaas.
Sit die broodjies op ’n bakplaat en bak sowat 10 minute of tot goudbruin en tot die kaas gesmelt is. Indien jy ’n toeklaprooster het, rooster die broodjies daarmee.
Sit voor saam met slaaiblare.
Komentar