Vark-en-pynappel-kebabs
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
staantyd: 2 uur
Gaarmaaktyd: 15-20 min.
Marinade
80 ml (¼ k) kanolaolie
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) fyn gerasperde gemmerwortel
5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
2 ml (½ t) fyn
gekapte groen brandrissie
Kebabs
1 pynappel, geskil en in dik skywe gesny
1 kg varkfilet, in 5 cm-stukke gesny
brandrissiesous vir voorsit
As jy hout-sosatiestokkies gebruik, week dit vooraf in water sodat dit nie op die vuur aan die brand slaan nie
Marinade Meng al die bestanddele vir die marinade.
Kebabs Sny die pynappelskywe in helftes of kwarte.
Ryg die vleis en pynappel op sosatiestokkies en giet die marinade oor. Laat 2 uur marineer.
Braai sowat 20 minute op warm kole tot net gaar, maar nie droog nie. Draai gereeld. Meng die oorskietmarinade met
’n bietjie brandrissiesous en laat goed kook. Sit voor saam met die kebabs.
Comments