top of page

Varkkebabs met growwe chimichurri

  • Huisgenoot
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Varkkebabs met growwe chimichurri.jpg

Chimichurri is ’n Argentynse sous wat saam met geroosterde vleis voorgesit word.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

4-6 varkliesrepe

4-6 baba-uie, geskil en gehalveer

4-6 kebabstokkies

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

45 ml (3 e) heuning

CHIMICHURRI

20 g vars pietersielie

1 rooi-ui

125 ml (½ k) olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) gedroogde gemengde Italiaanse kruie

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

Sny die swoerd van die vark af en ryg die varkrepies en die uie om die beurt aan ’n stokkie.

Meng die mosterd en heuning en smeer oor die kebabs. Pak op die bereide draadrakkie en rooster 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.

Chimichurri Kap die pietersielie en ui rofweg en meng met die res van die bestanddele. Geur met die sout en peper. Week die kebabstokkies vooraf ongeveer 30 min. in kookwater om te keer dat dit brand tydens die gaarmaakproses.

Sit die varkkebabs voor saam met die chimichurri en mengelslaai.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page