Varkworsie-kruie-stokbrood
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

Vervang die varkworsies met gaar boerewors en braai die stokbrood oor matige kole tot gaar. Sit voor saam met appelkooskonfyt en gerasperde kaas.
Genoeg vir 4
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 35-40 min.
4-8 varkworsies
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) olie
DEEG
10 g pietersielie, gekap
10 g koljander, gekap
1 kg winkelbrooddeeg
60 ml (¼ k) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Sit die worsies saam met die aftreksel in ’n vlak kastrol. Sit die deksel op en laat die worsies stadig prut tot gaar.
Dreineer die aftreksel, voeg die olie by en braai vinnig tot die worsies goudbruin is. Hou eenkant.
Deeg Knie die kruie by die deeg in en hou eenkant.
Ryg ’n worsie aan ’n kebabstok sodat 1 cm van die stok aan die bokant uitsteek.
Breek ’n stukkie deeg af en rol ’n slangetjie van omtrent 40 cm lank. Druk die een punt van die deegslangetjie aan die oop stukkie stokkie vas en draai om die worsie; knyp die deeg aan die onderkant vas. Herhaal met die res van die deeg en
worsies.
Pak op ’n bakplaat, verf met melk en bak 20 min. of tot die deeg gaar is. Sit voor saam met soetbrandrissiesous.
Kommentare