top of page

Vinnige Banting-gereg met soja, beesvleis en broccoli

  • Hope Malau
  • Apr 26, 2015
  • 1 min read

Vinnige Banting-gereg met soja, beesvleis en broccoli.jpg

’n Wonderlike maaltyd in minder as ’n halfuur: steak met ’n tikkie soja en brandrissie, voorgesit met groente.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Staan: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

400 g steak, in dun skywe gesny

60 ml (¼ k) dik sojasous

20 g babawortels

300 g broccoli

15 ml (1 e) olie

1 rooi ui, in dun skywe gesny

1 rooi brandrissie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, in dun skywe gesny

60 ml (¼ k) braaisous

’n hand vol vars koljander, gekap

Plaas die steaks in ’n bak en meng met 30 ml (2 e) van die sojasous. Laat staan 15 min.

Bring ’n pan water tot kookpunt, voeg die wortels en broccoli by en laat prut 5 min. tot net sag. Dreineer en rangskik die groentes in ’n opdienbak. Hou warm.

Plaas ’n groot braaipan of wok oor hoë hitte, voeg die olie by en verhit tot dit rook.

Roerbraai die beesvleis in twee sarsies 3 min. of tot net gaar en sit dan eenkant.

Voeg nog ’n bietjie olie in die pan indien nodig en roerbraai die ui en brandrissie 2 min. of tot die ui begin versag.

Strooi die knoffel oor en meng vinnig.

Sit die steak terug in die pan saam met die oorblywende 30 ml (2 e) sojasous, braaisous en 30 ml (2 e) water, en braai dan nog ’n minuut tot deurwarm.

Skep die inhoud van die pan, asook die pansappe, oor die broccoli, strooi die koljander oor en sit dadelik voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page