Wors-en-perske-pasta
- Huisgenoot
- Apr 26, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 15 min.
15 ml (1 e) olie
500 g varkworsies
1 ui, in skyfies gesny
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
60 ml (¼ k) tamatiesous
60 ml (¼ k) blatjang
1 blik (480 g)perskeskywe, gedreineer
sout en pas
gemaalde peper
250 g gaar eiernoedels
koljanderblare en gekapte stingeluie vir bo-oor sprinkel
Verhit die olie in ’n pan en braai die worsies tot gaar. Sny in skyfies en hou eenkant.
Braai die ui in dieselfde pan tot gaar. Voeg die appelkooskonfyt, tamatiesous en blatjang by en verhit.
Plaas die worsies terug in die pan en roerbraai ’n paar sekondes.
Meng die perskes liggies deur, geur met die sout en peper en sit voor op die noedels. Sprinkel die koljanderblare en stingeluie oor.
댓글