ANDERSE KOEKSISTERS
- The Rainbow Team
- Apr 27, 2015
- 1 min read

DEEG:
500 g koekmeelblom
15 g fyn gemmer
15 g fyn anys
10 g gedroogde naartjieskil, fyngekap
10 g fyn kaneel
10 g fyn kardamon
1 T suiker
1 pakkie droëgis
2 g sout
2 eiers
60 ml sonneblomolie
375 ml WATER, louwarm
STROOP:
500 g suiker
500 g WATER
Pypkaneel
1 t suurlemoensap
VIR DIE DEEG:
Voeg al die droe bestanddele in ‘n mengbak en meng deeglik.
Voeg eiers een vir een by, dan die louwarm water en olie totdat dit ‘n sagte deeg vorm.
Laat staan 10 MINUTE.
Rol die deeg uit met die hand tot 3 cm en sny met ‘n koekdrukker.
Bak in voorverhitte olie tot goudbruin en plaas in sif.
VIR DIE STROOP:
Prut suiker, water en pypkaneel op stoof vir ongeveer 10 – 15 minute tot ‘n stroop.
Doop gebakte koeksisters in stroop en strooi droë klapper oor indien verkies
Kommentare