MEISIE SE LAMSRIB OOR DIE KOLE
- Kos vir Kampeerders
- Apr 27, 2015
- 1 min read

BENODIG:
•1 lamsribbetjie
•250 ml tamatiesous
•125 ml asyn
•200 ml suiker
•5 ml Tabasco
•sout, swartpeper en grofgemaalde koljander
MAAK SO:
Vryf die ribbetjie met sout en peper na smaak.
Plaas die ribbetjie in rooster.
Maak die ribbetjie langs die vuur staan met die beenkant na die vuur.
Laat dit stadig in hieride posisie braai.
Kook die res van die bestanddele vir 5 minute saam.
Verf die ribbetjie elke 10 minute met die bedruipsous, totdat dit gaar is.
Comments