top of page

Kerrie-afval

  • Hetta van der Merwe
  • May 6, 2015
  • 2 min read

Kerrie-afval.jpg

Die koning van alle afvalgeregte. Selfs nie-afvaleters sal hierdie lekkerny, soos Hetta dit maak, nie kan weerstaan nie.

Hetta van der Merwe, ’n spysenier van die Paarl, weet ’n ding of twee van afval. Die oud-boervrou se legendariese afval-aande waar gunstelinge, van kerrie- en vaalafval, skilpadjies, lewerkoekies, sult en suurkos tot skaapkop, voorgesit word, is wyd bekend en ons het gaan aansit om te proe.

■ 1 volledige skaapafval, goed skoongemaak

■ Sout en vars gemaalde swartpeper

■ 15 ml vars suurlemoensap of witasyn

■ Water

■ 3 uie, grof gekap

■ 2 knoffelhuisies, fyngekap

■ 45 ml olie

■ 45 ml kerriemengsel

■ 10 ml borrie

■ 15 ml witasyn

■ 30 ml appelkooskonfyt

■ 5 aartappels, geskil en in stukke gesny

Spoel die afval (pens in blokkies gesny, pootjies net so, en kop in stukke) deeglik af en sit in ’n groot kastrol. Geur met sout, peper en ’n eetlepel suurlemoensap of asyn. Bedek die afval met water en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 2 uur (onthou, ’n jong skaap of lam se afval kook gouer sag, so voeg die kerriemengsel dan ’n bietjie vroeër al by).

Terwyl die afval kook, braai die uie en knoffel oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die kerriemengsel en borrie by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die asyn en appelkooskonfyt by. Voeg die kerriesous saam met die aartappels by die afval, roer deur en verhit weer tot kookpunt.

Bedek weer en prut vir ’n verdere uur (of ’n bietjie langer), tot die afval doeksag is. Druk twee van die aartappels met ’n vurk fyn om die sous te verdik indien nodig. Geur die afval met sout en peper na smaak en sit voor op rys. Lewer vyf porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page