top of page

Skilpadjies

  • Hetta van der Merwe
  • May 6, 2015
  • 1 min read

Skilpadjies.jpg

Dié heerlike lewer in netvet-happies is op hul lekkerste sommer net so van die kole af.

■ 1 skaaplewer

■ Sout en vars gemaalde swartpeper

■ Genoeg netvet (caul fat)

Verwyder die vlies om die lewer en sny die buise en harde dele weg. Sny die lewer in stukkies – nie dikker as 2 cm en 7 cm tot 10 cm lank nie. Bestrooi liggies met sout en peper. Sny die netvet ook in blokkies met ’n skerp mes of skêr – groot genoeg om een en ’n half keer om ’n stukkie lewer te draai. Vou die netvet styf om die lewer en pak in ’n plastieksakkie of bak (jy kan dit met peuselstokkies vassteek as jy wil, hoewel ek dit nooit doen nie).

Bedek en bêre in die vrieskas tot jy dit wil gebruik. Ontdooi die skilpadjies in die yskas. (Maak seker dit is heeltemal ontdooi voor jy dit gebruik.) Braai oor vinnige kole en bestrooi weer liggies met sout en peper terwyl jy braai. Belangrik: Moenie skilpadjies oorgaar maak nie – die netvet moet bros wees, maar as die lewer te gaar word, word dit droog en taai. Toets een deur dit met ’n mes deur te sny. Die pienkerigheid in die middel moet net-net weg wees, dan is dit reg om te eet. Lewer ongeveer 25 skilpadjies.

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page