top of page

Skuinskoek

  • Arina du Plessis
  • May 6, 2015
  • 1 min read

Skuinskoek.jpg

Skuinskoek is 'n gisbrood-lekkerny wat veral in die Noord-Kaap en Karoo gewild is. Hier is 'n kortpad-weergawe.

Deeg

■ 1,25 kg koekmeel

■ 125 g sagte botter

■ 375 ml strooisuiker

■ 1 1/2 pakkie (15 g) kitsgis

■ 1 ml fyn gemmer

■ 1 ml fyn kaneel

■ 15 ml anyssaad

■ 5 ml sout

■ 500 –750 ml louwarm water

■ Olie, vir diepbraai

Stroop

■ 250 ml suiker

■ 375 ml water

Sit die meel in ’n groot bak en vryf die botter daarby in. Voeg die suiker, gis, speserye en sout by en meng goed. Maak met net genoeg louwarm water aan om ’n hanteerbare deeg te vorm. Knie die deeg goed tot glad en elasties. Sit in ’n geoliede bak en bedek losweg. Laat rys op ’n warm plek tot verdubbel in volume. Knie die deeg af en rol 2,5 cm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny die deeg horisontaal in 2 cm wye repe. Sny dan oorkruis, weer horisontaal en in 2 cm repe, sodat jy klein diamantvormige koekies het. Vir die stroop: Verhit die suiker en water saam tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute. Hou eenkant. (Jy gebruik die stroop louwarm.) Braai lotte van die koekies in warm olie tot diep goudbruin en deurgaar. As jy dit in stroop dompel, lig dit uit die olie, dompel vinnig in die stroop en skep dan uit op ’n draadrak wat bo-op ’n skinkbord staan. As jy die koekies net so wil voorsit, skep dit uit op kombuispapier om te dreineer. Lewer ongeveer 65 koekies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page