top of page

Suurkos

  • Hetta van der Merwe
  • May 6, 2015
  • 1 min read

Suurkos.jpg

Blokkies sagte lewer en niertjies in ’n suursousie is tradisionele boerekos.

Jy kan die gereg natuurlik ook met wildslewer maak. Dié resep kom ook uit Hetta van der Merwe se kombuis.

■ Lewer, niertjies en vetderm van een skaap

■ 30 ml olie

■ 1 ui, grof gekap

■ 500 ml kookwater, of meer

■ 45 ml koekmeel

■ 45 ml asyn

■ 45 ml suiker

■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Trek die lewer en die niertjies se vliese af en sny enige buise uit. Sny die lewer en niertjies in blokkies en sny die vetderm in 1 cm-stukkies.

Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en braai die ui en vetderm saam tot die vetderm bros is. Voeg die lewer en niertjies by en braai effens. Voeg genoeg kookwater by om dit te bedek en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut oor stadige hitte vir sowat 20 minute.

Meng nou die koekmeel, asyn en suiker saam en voeg by die sous (voeg nog ’n bietjie kookwater by indien die sous al baie afgekook is). Verhit tot kookpunt, prut vir 3 minute en sit voor. Lewer vier porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page