top of page

Suurribbetjie

  • Hetta van Deventer Terblanche
  • May 6, 2015
  • 1 min read

Suurribbetjie.jpg

Suurrib is ‘n lekker resep om vooruit te maak as jy op vakansie of ‘n staptog gaan, want die asyn bewaar die vleis vir langer. Die oorspronklike resep het ‘n ontbeende skaaprib gebruik, wat gerol is voor dit in die oond gerooster is. Ek het besluit om dit nie te ontbeen nie en liewer stadig oor die kole te braai. Ek het verouderde asyn uit Prins Albert gebruik en die kerriepoeier is deur my man aangemaak, maar jy kan enige goeie asyn of jou gunsteling klaargekoopte kerriemengsel gebruik. Die asyn-kerrie-en-appelkooskonfyt kombinasie is erg tradisioneel, maar jy kan gerus met ander geure eksperimenteer deur bv koljander, kaneel, gemmer en neut te gebruik of enige ander kruiemengsel van jou keuse.

4-6 porsies

1 skaapribbetjie

25ml fyngestampte koljander

2.5ml fyn gemmer

5ml kerriepoeier

Knippie peper

250ml asyn

Sout na smaak

15ml appelkooskonfyt

Vryf die koljander, gemmer, kerrie en peper goed in die vleis in, sit dit plat in ‘n skottel en gooi die asyn daaroor. Laat dit vir 2 dae so lê terwyl dit intussen af en toe omgekeer word. Moenie sout oor die vleis gooi nie, haal die ribbetjie na twee dae uit die sous, was dit skoon af, strooi sout oor en smeer die konfyt eweredig oor die vleis. Braai stadig oor die kole tot gaar of rooster in matige oond vir ongeveer 30min. Bedien dadelik.

 
 
 

Commenti


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page