Trooi se roosterkoek
- Arina du Plessis
- May 6, 2015
- 1 min read

Trooi Rooi se roosterkoek sal jou laat terugkom vir nog. Nog een van die heerlike resepte wat ons tydens ons Kalahari-kuier geproe het.
6 x 250 ml witbroodmeel
15 ml kitsgis
3 ml sout
Genoeg louwarm water
Meng die meel, gis en sout in ’n bak. Voeg genoeg louwarm water by om ’n stywe deeg te vorm. Knie goed. Sit in ’n groot bak met ’n deksel en laat rys op ’n warm plek. Knie die deeg af en laat rys weer. Knyp bolletjies deeg af en druk dit dan effens plat. Plaas op die rooster oor matige kole en draai dit gereeld om sodat dit nie brand nie. As die roosterkoek eweredig gerooster is, lig voel en hol klink, is dit gaar. Lewer 20 roosterkoeke.
Comments