Blomkool-skordalia
- The Rainbow Team
- May 7, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 500ml skordalia
Skordalia is ’n Griekse knoffelsous wat gewoonlik met brood of aartappels gemaak word. Dié variasie is heerlik en werk goed saam met die lamsvleis.
600 g blomkool, in blommetjies gesny
4 knoffelhuisies, geskil
30 ml (2 e) suurlemoensap
125 ml (½ k) olyfolie
sout
1 Stoom die blomkool in ’n bietjie water in ’n middelslag-kastrol tot gaar. Laat afkoel.
2 Verwerk die blomkool, knoffel en suurlemoensap in ’n voedselverwerker of versapper tot glad.
3 Voeg die olyfolie stadig by terwyl die masjien meng – hou die olie ’n entjie bokant die masjien.
4 Geur na smaak met sout.
Comentários