top of page

Gebakte vis in 'n warm roomsous

  • Rooi Rose
  • May 7, 2015
  • 1 min read

Gebakte vis in 'n warm roomsous.jpg

Genoeg vir 4

Vir die aartappels

4 groot aartappels

45 ml (3 e) olyfolie

Sout en varsgemaalde swartpeper, vir smaak

Vir die dille-sous

1 sjalot, fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekap

60 ml (¼ k) droë witwyn

Sap van 1 suurlemoen

60 ml (¼ k) vars dille, fyn gekap

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

125 ml (½ k) vars room

45 ml (3 e) botter, in blokkies gesny

Sout en varsgemaalde swartpeper, vir smaak

800 g geelstert, skoongemaak

30 ml (2 e) olyfolie

2 suurlemoene, gesny

1. Kook die aartappels in genoeg soutwater. Verwyder sodra gaar, dreineer en sny in kwarte. Voorverhit die oond tot 180°C.

2. Plaas die aartapples op 'n bakplaat en besprinkel met olie en geur na smaak. Bak tot goudbruin en krakerig, vir ongeveer 15 minute.

3. Vir die sous: kombineer die sjalot, knoffel, wyn en suurlemoen en bring tot kookpunt. Roer die dille by en kook vir een minuut. Roer die mosterd en room by en kook vir nog 'n minuut. Roer die botter by, een blokkie op 'n slag, totdat al die botter gesmelt het.

4. Geur na smaak.

5. Plaas die vis in foelie - geur goed en plaas suurlemoenskyfies bo-op. Maak toe met foelie. Bak vir 20 minute.

6. Bedien die vis saam met die aartappels en warm dille-sous.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page