top of page

Geroosterde lamsboud in ’n soutkors

  • Rooi Rose
  • May 7, 2015
  • 2 min read

Geroosterde_lamsboud_in_’n_soutkors.jpg

Genoeg 6-8

2, 25 kg lamsboud

Soutkors

750 g (5½ k) meel

400 g (1½ k) Cerebos sout

2 takkies roosmaryn

2 takkies tiemie

225 ml (6 eiers) eierwit

200 ml water

1 eiergeel, geklits

Kruiebolaag

85 g (2 k) platblaar-pietersielie, ruweg gekap

6 takkies roosmaryn

6 takkies vars tiemie

3 knoffelhuisies, geskil en ruweg gekap

100 g (4) snye witbrood, korsies verwyder

60 ml (4 e) olyfolie

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

SOUTKORS:

Sif die meel en Cerebos sout in die bak van ’n menger. Trek die blaartjies van die roosmaryn en tiemie af en kap fyn. Voeg by die meelmengsel.

Voeg die eierwitte en die water by en meng vir sowat 5 min. met ’n lae spoed tot ’n deeg vorm wat van die kante wegtrek. Jy kan nog ’n bietjie water byvoeg as dit lyk of die deeg te styf is.

Keer die deeg en enige krummels op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie tot die deeg bymekaarkom. Vorm in ’n reghoek en bedek met kleefplastiek.

Geur die lamsboud goed met sout en gemaalde swartpeper. Verhit die olyfolie in ’n groot pan of vlak kastrol oor hoë hitte. Seël die boud aan albei kante tot goudbruin.

KRUIEBOLAAG:

Kap die pietersielie, roosmaryn, tiemie en knoffel in ’n voedselverwerker tot ’n growwe mengsel. Skeur die brood in stukkies en voeg by die kruiemengsel.

Verlaag die spoed van die voedselverwerker en voeg die olyfolie in ’n dun straaltjie by. Meng tot ’n smeerbare pasta. Hou eenkant.

Verf die mosterd oor die lamsboud. Druk die kruiemengsel op die bokant van die boud vas. (Jy kan die boud tot in die stadium berei en oornag in die yskas hou. Bring tot kamertemperatuur voor jy die vleis in die oond sit.)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak en verdeel in ’n ²⁄³ en ¹⁄³ stuk deeg. Rol die groter een tot sowat 35 x 30 cm uit. Sit die boud in die middel van die deeg en vou die vleis daarin toe.

Druk stewig vas sodat dit aan die vleis vassit. Verf die rand van die deeg met die geklitste eier. Rol dan die kleiner stuk deeg uit om die boonste, oop deel van die vleis te bedek. Druk stewig vas en gebruik die res van die deeg om enige krake of gate op te vul. Verf die deeg met die res van die eiermengsel.

Rooster vir 1½ uur. Hou die vleis maar dop en bedek met foelie as dit te donker bak.

Haal uit. Sny die kors deur die middel oop, haal die vleis uit en sny in dun skywe.

 
 
 

Opmerkingen


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page