Geroosterde suurlemoen-en-paprika-hoender
- Rooi Rose
- May 7, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
2 werfhoenders van sowat 1,4 kg elk
15 ml (1 e) gerookte of gewone Paprika
Gerasperde skil van 2 suurlemoene
10 ml (2 t) knoffel, gekap
125 ml (½ k) olyfolie
10-15 ml Cerebos LOW Salt
1 suurlemoen, in kwarte gesny (gebruik sommer die gerasperde Suurlemoen)
4-6 lourierblare
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Meng die paprika, suurlemoenskil, knoffel en olyfolie.
2 Sit die hoenders in ’n oondpan, geur met Cerebos LOW Salt (ook die binnekante) en smeer die paprikamengsel oor. Druk die suurlemoenwiggies en Lourierblare in die binnekante in.
3 Rooster vir 1 uur 20 min. of tot Goudbruin en gaar. Laat afkoel en sny in stukke. Sit koud of warm voor.
תגובות