Vetfrikkies
- Sarie Marais
- May 7, 2015
- 1 min read

Frikkadelletjies:
1kg gemaalde maer beesvkeis
90g (250ml rou hawermout)
50ml sagte broodkrummels
50ml witasyn
4eiers geklits
1 groot aartappel grof gerasper
15ml sout
5ml gemaalde koljander
5ml gemaalde neutmuskaat
5ml gemaalde wonderpeper (pimento)
2ml peper of na smaak
sonneblomolie vir diep braai.
Meng al die bestanddele vir die frikkadelletjies behalwe die Olie Fatsoeneer die mengsel in frikkadelletjies en gebruik nagenoeg 25g daarvan vir elke frikkadelletjie. Bak die frikkadelletjies in warm diep olie net tot gaar. Dreineer op papierhanddoek en laat dit heeltemal koud word.
Steek kort stokkies aan die onderkant van die vetfrikkies in vir 'n maklike peuselhappie.
Comments