Wasgoedbondeltjies
- The Rainbow Team
- May 7, 2015
- 1 min read

750g gemaalde varkvleis
2 uie 2 knoffelhuisies gekap
10 ml botter
2‐3 aartappels in blokkies gesny
3 ml fyn gemmer
knippie fyn naeltjies
2 ml fyn koljander
2 tamaties geskil en gekap
10 ml sout
1ml peper
30 ml asyn
125 ml vleis aftreksel
Skilferkors deeg
Heel naeltjies
Metode
Verhit botter of kookolie in n dikboomkastrol en soteer die uie en die knoffel. Voeg vleis by en braai liggies tot bruin. Voeg aartappels, speserye, tamaties, sout en peper, asyn en vleisaftreksel by die mengsel. Sit deksel op en prut tot sag. (Ongeveer n drie‐kwart tot een uur.) Laat afkoel voor gebruik.
Sny die skilferkors deeg in 10x 10 cm vierkante.
Plaas 'n teelepel vol van die vulsel in die middel van die vierkant.
Vou die hoeke na die middel en steek vas met 'n heel naeltjie om 'n wasgoedbondeltjie te maak.
Bak in warm olie tot goudbruin.
Comentários