top of page

Koeksisters

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • May 14, 2015
  • 2 min read

koeksister-main.png

Maak sowat 52 koeksisters

Bereiding: 45 minute

verkoeltyd (stroop): oornag

Gaarmaaktyd: 30 minute

STROOP

6 x 250 ml (6 k) suiker

600 ml water

300 ml suurlemoensap

skil van 1 suurlemoen

2 sakkies rooibostee

KOEKSISTERS

5 x 250 ml (5 k) koekmeel

25 ml (5 t) bakpoeier

7 ml (11/2 t) sout

60 ml (11/4 k) botter

3 eiers

375 ml (11/2 k) karringmelk

olie vir diepbraai

STROOP Verhit al die stroopbestanddele in ’n kastrol en roer tot opgelos. Bring tot kookpunt en laat ’n paar minute prut. Verwyder die teesakkies en verkoel tot yskoud – eers ’nrukkie in die vrieskas en dan oornag in die yskas. Hou verkoel tot benodig.

KOEKSISTERS Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarby in. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg by die droë bestanddele. Meng deur met ’n mes tot ’n sagtedeeg.

Knie die deeg tot glad en elasties. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot nodig.

Verdeel die deeg in twee en hou die een deel onder ’n klam doek.

Rol die ander deel van die deeg sowat 2,5 cm dik uit. Sny in stukke van sowat 3 vingers wyd en 5 cm lank.

Sny elke stuk in drie repies, maar moenie bo regdeur sny nie.

Vleg die repies lossies oormekaar en druk die puntjies vas. Moenie te styf vleg nie, dit bemoeilik die gaarmaakproses. Verhit genoeg olie vir diep braai en braai die koeksisters in sarsies tot goudbruin en gaar.

Skep uit met ’n gaatjieslepel en dompel dadelik in die koue stroop. Laat lê in die stroop tot dit genoeg opgesuig het en pak op ’n draadrak sodat die oortollige stroop afdrup. Herhaal met die res van die koeksisters.

Bêre die koeksisters in die yskas tot benodig.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page