top of page

Baksakkie-skaapboud

  • Arina du Plessis
  • May 15, 2015
  • 1 min read

skaapboud.jpg

As jy goeie skaapvleis het, is skaapboud op sy lekkerste met net die nodige sodat die geur van die vleis na vore kan kom.

Ek het nog nooit skaapboud in ’n baksakkie gaargemaak nie, maar nadat ek dié resep probeer het, gaan ek dit van nou af só gaarmaak. Smulsag en sappig.

■ 1 skaapboud van ongeveer 3 kg

■ Olyfolie

■ Seesout en vars gemaalde swartpeper

■ 125 ml blatjang

Voorverhit die oond tot 160°C. Smeer die skaapboud goed met olyfolie, besprinkel ruimskoots met seesout en swartpeper, en smeer oraloor met blatjang. Sit die boud in ’n baksakkie en bind deeglik toe.

Gebruik ’n sosatiestokkie om ’n paar klein gaatjies aan die bokant van die baksakkie te maak sodat die stoom kan ontsnap. (Dit moenie so groot of laag wees dat vloeistof kan uitlek nie.) Bak vir 2½ uur tot 3 uur tot die vleis effens meegee en sag voel wanneer jy met jou vinger op die dikste deel van die boud druk. Haal die boud uit die oond uit en laat staan vir minstens 20 minute in die baksakkie.

Haal die boud uit die sakkie en sit dit op ’n bakplaat of opdienbord. Verbruin dit vinnig onder ’n warm oondrooster, as jy wil. Laat rus vir 10 minute voor jy dit sny. Gebruik die orige vloeistof in die baksakkie om ’n vleissous te maak om daarby te bedien. Lewer 8-10 porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page