top of page

BILTONG POTJIE

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • May 15, 2015
  • 1 min read

biltong potjie.jpg

Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of 'n maat afpers!

Bestanddele: 500g gesnyde biltong 500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)

250g botter (of margarien as jou gewete pla)

1 gekapte ui

1 pakkie gesnyde sampioene

lekker groot lepel gekapte knoffel

2 pakkies kits witsous

handvol gekapte kruie

250ml room

250ml gerasperde kaas

Metode: Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek.

Gooi nou die biltong so in 'n lekker laag oor hierdie braaisel.

Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is.

Dis 'n kuierpot, nie 'n wegneemete nie!

Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie.

Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek.

Maak toe en kuier rustig.

Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so 'n uur begin jou mond behoorlik water.

Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur.

Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page