BYBELKOEK
- In en om die huis
- May 15, 2015
- 1 min read

Die Bybelkoekresep het in die Grootte Kerk in Kaapstad se maandbladjie verskyn,en is ‘n verwerking van bestaddele wat afkomstig is uit teksverse uit verskillende dele van die Engelese Bybel. Met die opstel van die resep was daar besluit dat die outydse doekpoeding heel moontlik so onstaan het. Die resep is baie gewild en lekker – veral as plaasvervanger vir die gebruiklike Kersfeeskoek wat nou so duur geword het.
625 ml volkoringmeel
250 ml donkerbruin suiker
12,5 ml heuning
2 groot eiers
125 ml sagte margarien of botter
10 ml kaneel
5 ml gemengde speserye
Knippie sout
5 ml koeksoda
12,5 ml appelasyn
125 ml afgeroomde melk of water
250 ml ontpitte rosyntjies
250 ml gesnipperde droe vye
1 pakkie gesnipperde amandels
METODE:
Klits suiker, margarien, heuning, speserye en sout saam tot dik en romerig.
Voeg een eier op ‘n slag by en hou aan klits tot baie dik en romerig.
Meng appelasyn en koeksoda en voeg by melk of water.
Voeg meel en melkmengsel om die beurt by en meng goed.
Voeg vye, rosyntjies en driekwart van amandels by en meng liggies.
Skep deeg in ‘n kleefvry-broodpannetjie.
Strooi res van amandels bo-oor. Druk liggies vas.
Bak 50 min in ‘n vooraf verhitte oond by 160°C
Laat effens afkoel en keer uit. Heerlik.
Comentários