KANEEL ROLLETJIES IN JOU MUFFIN PANNETJIE
- In en om die huis
- May 15, 2015
- 1 min read

1 x Rol skilferkorsdeeg (sny in die helfte en rol elke gedeelte bietjie dunner uit.)
Smeer gesmelte botter met kwassie oor.
Gooi soveel bruinsuiker en kaneel oor soos wat jy voor lus voel.
Rol op en sny wiele wat jy in die gespuite muffin pannetjies plaas.
Bak in oond by 180°C tot gaar, bruin en opgepof (ongeveer 15 / 20 min)
Haal uit.
>>>
Intussen maak jy die volgende:
Meng 5 ml stroop met 15 ml melk.
Gooi ¾ kop versiersuiker by en meng tot gladde pasta.
Gooi met teelepel die versiersuikermengsel oor die warm kaneelrolletjies.
コメント