Koppies Kaaskoek
- Naomi le Roux
- May 15, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Kors
200 g (1 pakkie) Romany Creams
60 ml (4 e) botter, gesmelt
>>>
Vulsel
400 g (1 blik) aarbeie, gedreineer
250 g (1 bakkie) roomkaas
175 g (1 bakkie) aarbeijogurt
60 ml (4 e) gedreineerde aarbeisap
20 ml (4 t) gelatien
>>>
1 Kors: Kap koekies fyn en meng met gesmelte botter.
2 Verdeel tussen 12 teekoppies en druk liggies met agterkant van teelepel vas.
3 Vulsel: Kap aarbeie tot pulp en meng roomkaas en jogurt daarby.
4 Sprinkel gelatien oor aarbeisap om te spons. Verhit net paar sekondes in mikrogolf tot gelatien gesmelt is. Moenie dat dit borrel nie. Roer gelatien vinnig by aarbeimengsel.
5 Verdeel tussen teekoppies en plaas in yskas tot gestol.
6 Rond af met vars aarbeie of soos verkies.
Comments