Ongebakte Sjokolade Pepperment stafies
- Bake Play Smile
- May 15, 2015
- 1 min read

16 Bedienings
250 g Marie beskuitjies, in stukkies gebreek
¾ blik kondensmelk (jy kan altyd ekstra byvoeg as die mengsel te droog is.)
100 g botter, gekap
2 eetlepels kakao (30 ml)
1 - 2 klein druppels pepermentdruppels (pas op vir te veel)
1 x 200 g Cadbury Pepperment sjokolade, grof gekap
150 g wit sjokolade
3 - 4 druppels groen koekkleursel
Metode:
Pols die beskuitjies in ‘n voedselverwerker (ek druk dit sommer in ‘n plastieksak fyn met ‘n koekroller – Naomi) maar daar moet nog groter stukke wees.
Sit die fyn koekies in ‘n mengbak.
Sif die kakao oor die beskuitjies.
Smelt die botter, pepperment sjokolade en kondensmelk in ‘n pot oor baie lae hitte… roer tot glad.
Giet die warm sjokolademengsel oor die koekiemengsel en roer goed.
Voeg nou die 2 klein druppels pepperment geursel by en meng goed deur.
Giet die mengsel in ‘n gesmeerde met papier gevoerde pan en maak mooi gelyk bo-op. Laat afkoel.
Intussen: Smelt die wit sjokolade in die mikrogolf op laag en roer dikwels. Giet dit oor die sjokolademengsel in die pan.
Werk vinnig. Sit ‘n paar druppels groen kleursel oor die wit sjokolade en maak patrone oor die hele bak… met vurk.
Sit in die yskas om te stol… dit moenie te hard wees voordat jy dit in skywe sny nie.
Comentarios